- Maria Montessori
Oor Ons
Missie & Visie
Ons missie is om kinders te help ontwikkel tot gelukkige mense met ‘n passie vir die lewe. Hulle moet glo in hulleself, dit wat God in hulle geplaas het om enige struikelblok te oorkom. Ons doel is om hulle te help om die beste te wees wat hulle kan wees… gelukkige, leergierige, selfstandige en onafhanklike leerders. Ons fokus ook op die vermoë om te leer luister, konsentreer en self-dissipline toe te pas deur interaksie met ‘n voorbereide omgewing.
• Ons leef dit uit, respek en liefde vir mekaar;
• ‘n Tweede huis – ‘n rustige omgewing waar kinders gelukkig en tuis voel;
• Ontwikkeling van kinders se karakter, hier doen ons die regte ding al kyk niemand eers vir my nie;
• ‘n Bewusmaking van God se Almag deur middel van Bybellees en die kweek van ‘n liefde vir my omgewing… hoe kan ek my aarde versorg en bewaar;
• Kinders met ‘n intense liefde en positiewe houding tov. LEER. (Ons is nuuskierig en maak klaar wat ons begin het.);
• ‘n Holistiese gelukkige kind. ‘n Strewe om te wees die beste wie God my gemaak het om te wees;
• Ons beste vir jou beste – hoogste opvoeding met tonne liefde, die skep van ‘n leersame, vreugdevolle, pret omgewing.
"It always warmed my heart to see the artwork my child brought home from school. It was obvious how much thought and effort you put into planning his activities, and I am so grateful for your commitment to developing young minds. Thank you for being the very best starting point my child could ever have for his education.
Thank you so much for teaching our son lessons that he will carry with him for the rest of his life. You have helped him become a caring and thoughtful person".
Facebook comment - July 2021
Gehoor in Turning Tides
"Ek het sommer trane na die fotos. Dankie vir al julle liefde en omgee vir al die kinders. Die Jesus liefde straal uit julle almal uit en dat dit so vroeg in ons kinders se harte geplant word is net amazing. 🌺🌺🌺 Ek kan regtig nie vir 'n beter skool/ 2de huis vir R vra nie."
"Wow!! Dankie Turning Tides vir die besonderse omgewing wat julle vir my en ander ouers se kinders bied! Ek was so bevoorreg om hierdie week by my meisiekind en seuntjie se onderskeie klassies te gaan kuier en bietjie te observeer. Dit was absoluut merkwaardig. Die selfdissipline en onafhanklikheid wat kinders hier aanleer is regtig iets om te beleef. Dit is asof 'n mens amper hierdie klein mensies kan los en die klassies sal eenvoudig organies aanhou funksioneer. Die wedersydse respek tussen die kinders en ook die personeel skep so 'n goeie omgewing vir my kinders om te leer om met mense om te gaan. Ek weet my kinders is in goeie hande. Weereens dankie dat ek kon kom inloer! Julle is geroep, mag die Here julle in elke tree seën."
Wat is Montessori?
Vind meer uit oor die Montessori-metode van onderrig.